ANDER SKRYWERS
Buiten die bekende top skrywers van formaat soos onder andere Meiring Fouche, Gerrie Radlof en Braam le Roux, was daar ook ander minder bekende skrywers wat elk ook uitstekende boeke geskryf het en wat maklik enige dag kan kers vashou by die groot name soos hier bo genoem.
Frans Gericke was byvoorbeeld die skrywer van die Jaap Zeeman reeks, 'n voorganger van die meer alombekende Oloff die Seerower reeks deur Gerrie Radloff. Gerrie Radlof het seer sekerlik van sy inspirasie/idees gekry vir sy Oloff reeks vanaf die Jaap Zeeman boeke? So ver bekend is Frans Gericke se boeke slegs een maal gepubliseer en dus uiters skaars, maar sy boeke is vol aksie en sy skryfstyl 'n ware groot genot om te lees en te waardeer. Sy baie gewilde Wit Mamba reeks het byvoorbeeld die verbeelding van oud en jonk aangegryp wat die voorreg gehad het om dit te kon gelees het. Frans Gericke het ook meer as tien riller boeke geskryf, wat mens vir altyd bybly na jy dit gelees het.
Sandberg Beyers het 'n uitstekende reeks van 13 boeke oor die Franse Legioen geskryf. Meiring Fouche wat kort na hom sy briljante Sahara Avontuur reeks geskryf het, het verseker sy boeke gelees, want van die storielyne wat Sandbergh Beyers geskryf het, kom ook in die Sahara Avontuur reeks van Meiring Fouche voor, alhoewel elk natuurlik hulle eie skryfstyl en unieke intriges in dieselfde trant van storie geskryf het. Beide skrywers se boeke oor die Sahara woestyn is en bly seker vandag nog die beste boeke wat ooit in Afrikaans die lig gesien het. As jy eers een van hulle boeke gelees het, weet dan dat jy nie sal rus voor jy die res ook almal verslind het nie.
Andreas Duplessis is voorwaar 'n skrywer wat groot talent gehad het en is sy stories beslis van die heel beste afrikaanse storieverhale wat ooit gepubliseer was. Sy Nar reeks wat afspeel in die goeie ou Kaap, kort na Jan van Riebeek se era, is boeke wat mens nie kan neersit voor mens dit eers klaar gelees het nie. Hy het ook vele ander enkel spanning/aksie en riller boeke geskry, wat almal treffers was sonder weerga. Andreas Duplessis se baie bekende Oerwoudvalk reeks het seker geen bekendstellig nodig nie en is vandag uiters gesog onder versamelaars.
Verskeie ander skrywers het meegedoen in die meer as 60 reekse wat die eerste keer in Afrikaans verskyn het gedurende die vyftigerjare en sestigerjare. Baie van die top en/of lang reekse het latere jare weer verskyn, waarvan meeste gedurende die tagtiger en negentiger jare herdruk is. Sommige reekse is drie of selfs meer male herdruk. Baie van die skrywers het slegs een boek geskryf, maar al die skrywers van die afrikaanse sagteband storieverhale in die mid twintigste eeu, het verseker dat Suid-Afrika vandag sit met 'n ongelooflike groot bron van storieverhale uit die boonste rakke en wat seker nooit weer ge-ewenaar sal word in ons land nie. In ag geneem die geweldige groot aantal top skrywers wat toe gelewe het, die groot aantal boeke wat toe uitgegee was en ook die groot variasie in die tipe stories wat verskyn het. Dit was voorwaar 'n goue era of sal ons eerder sĂȘ, platinum era in afrikaanse sagteband storieverhale, wat deel uitmaak van Suid-Afrika se ryk geskiedenis van Afrikaanse stories.